Franco Zeffirelli | |
Franco Zeffirelli in 2008 | |
Senaatslid van die Italiaanse Republiek
| |
Ampstermyn 21 April 1994 – 29 Mei 2001 | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | Gian Franco Corsi Zeffirelli 12 Februarie 1923 Florence, Toskane, Italië |
Sterf | 15 Junie 2019 (op 96) Rome, Italië |
Politieke party | Christelik-Demokraties (tot 1994) Forza Italia (1994–2001) |
Kiesafdeling | Catania |
Alma mater | Akademie vir Beeldende Kunste ín Florence |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Militêre Diens
| |
Diens/Tak | Britse Weermag |
Jare in diens | 1942–1945 |
Rang | 24ste Infanteriebrigade |
Oorloë/Veldslae | Tweede Wêreldoorlog |
Gian Franco Corsi Zeffirelli, KBE, Grande Ufficiale OMRI ([ˈfraŋko dzeffiˈrɛlli]; * 12 Februarie 1923 in Florence; † 15 Junie 2019 in Rome), beter bekend as Franco Zeffirelli, was 'n Italiaanse regisseur en vervaardiger wat in drie genres – operas, rolprente en televisie – tuisgevoel en hier groot sukses met sy dikwels opulente werke behaal het. Zeffirelli het sy reputasie as meesterregisseur veral met Shakespeare-werke behaal wat hy vir die silwerdoek bewerk het.
In Romeo and Juliet (1967/68), wat met 'n internasionale span in Engels vervaardig is, het hy die twee hoofrolle deur sestienjarige akteurs laat vertolk, Leonard Whiting en Olivia Hussey, wat dus so oud was soos die karakters in Shakespeare se toneelstuk Romeo and Juliet. Zeffirelli is vir 'n Oscar genomineer. Vir die verfilming van The Taming of the Shrew het hy in 1967 met Elizabeth Taylor en Richard Burton saamgewerk, terwyl Mel Gibson in 1990 Hamlet (Amleto) vertolk het.
Vir die lewensverhaal van Jesus van Nasaret het Zeffirelli in 1977 'n televisiereeks met ses aflewerings vervaardig. As operaregisseur was Zeffirelli verbonde aan befaamde operahuise soos die Milaanse Scala, die Comédie-Française en New York se Metropolitan Opera. Van die mees gesofistikeerde kostuums het hy self ontwerp. Hy het 'n aantal jare met die operasangeres Maria Callas saamgewerk. Haar laaste lewensjaar staan sentraal in die rolprent Callas Forever wat in 2002 ontstaan en waarin Fanny Ardant die hoofrol vertolk het. In een van sy laaste groot rolprente, Un tè con Mussolini (Tea with Mussolini), wat in 1999 ontstaan het, is enkele outobiografiese trekke herkenbaar. Die gunstelingrol, wat hy in sy privaat lewe met groot passie gespeel het, was dié van swierbol en kettingroker.